Elkedag stories

Saterdag 11 Oktober 2014

Banking


Ek stap by die bank in om my salaris te bank. My liewe  werkgewer se effektiewe bestuursvaardighede se gevolge…ek kla oor hy my sekretaresse vir allerhande goed rondstuur onder andere. KFC vir hom,  toe is sy bestuur daarvan dat ek nou self my salaris kan gaan bank…so staan ek elke maand van ‘n halfuur tot ‘n uur in die bank, vandag vir die laaste keer.
Ewenwel so stap ek toe in, toe is die ry al by die deur uit…na ‘n volle halfuur staan ek nog steeds bankvas '(no pun intended') op dieselfde plek..
Ek kyk hulpsoekend na die personeel agter hul lessesnaars, almal vermy oogkontak , maar doen ook niks om die rye te bestuur nie. Aldrie kassiere is besig met groot besigheidskontant inbetalings. Kyk ek was 'n 'Trust Bank meisie in 1978... ek ken van en hierdie is nie goeie bankdiens nie.  Ek is besig om my stadig te begin vererg toe iemand my liggies aan die skouer tik. Ek kyk om vas in die glimlaggende gesig van ‘n skraal man… ‘Is Mev nie daai welfare vrou nie?, vra hy met ‘n hees stem. Ek sê ja… maar kan hom nie eien nie. Van waar ken ek jou? Sy vrou is met twee tree langs hom, Die kenmerkende tandlose glimlag. Dis ons kinders wat so stout was mevrou en die drankwalm slaan my tussen die oë. Sy is duidelik agv al die drank in haar, dis mos' pay day' trots op die saak en kyk glimlaggend na die twee rye agter ons wat haar almal sonder uitdrukking aanstaar.  Ek onthou dadelik, hul kind is  met drie ander  gevang vir diefstal van yster en hul vonnis is afgewentel na gemeenskapsdiens. Ek het hul opdrag gegee om die erf rondom die kantoor te kom skoffel. Ek sit met pleegouers en skryf verslae en na so uur besluit ek om te gaan kyk hoe ver die kinders is. Almal so tussen veertien en sestien jaar oud. Ek het met die aanvanklike gesprek die ouers gemaan om ook daar te wees en te kom toesig hou. Slegs diè een egpaar daag op. Toe ek om die hoek kom vervies ek my al want na ‘n volle uur is daar weinig gevorder en die bossies net bo die grond afgeskoffel….maar laat ek hom die storie vertel.

Hy is hoog in sy skik oor ek hulle dadelik onthou en draai met ‘n galante beweging om na sy stilswyende bankkliënte gehoor. Dis die welfare mevrou die!…stel hy my voor en ‘sy vatti kak nie’… lig hy hulle in. Ek lag die gehoor wakker en die konsultante en ander personeel se koppe ruk op. Seker lanklaas iemand in so lang ry, hoor lag daaroor.

Hy het nou die twee rye se aandag en die ‘performance’ kry lewe. Hy beduie…die welfare vrou  laat die kinders toe mos skoffel vir hulle straf…en toe kom kyk sy wat maak hulle…sy sien my daar lê ‘minding my own business’  ma ek kan sien sy vererg haar. Sy gryp daai graaf  raas  terwyl sy skoffel dat die bossies spat en sy raas en sê so skoffel mens'… dit nou alles terwyl hy dit dramaties  met groot arm geswaai en handgebare wys. Sê die 'werlfare' vrou vir my,  ‘lig jou,  jy is die pa, wees ‘n voorbeeld i.p.v daar te lê,  wys hulle hoe skoffel mens…Nou kyk, ek is ‘n ‘artist’ vertel hy hulle half uit die hoogte en hy en draai sy hande dramaties heen en weer,  kyk die ‘paint’ op my hande (hy blyk toe ‘n verwer te wees)…ma ek skrik so,  vertel hy verder, ‘ek drop my ''pride net daar en gryp daai graaf en ek skoffel want ek sien toe die vrou 'means business’’.

Ek lag my gedaan vir hom en toe alles bedaar... sê  ek vir hulle ek maak vandag klaar daar by Hongerbult. Hy wys sy skok en kom haak ewe vertroulik by my in.. ‘Nee Mevrou, man..sê hy’ waar gan ons nou iemand kry wat luister, ons verstaan en ons reghelp, ma okki kak vatti? Die gehoor lag onderlangs.  Ek lag en raak huilerig deurmekaar,  trane lê vlak oor Hongerbult se mense. Sy vrou sien dit en kom staan teen aan my. Mevrou sê sy as jy hartseer raak of 'down' voel,  bel hom net, hy kom dadelik…hy 'entertain so die heeldag en sy kyk vol bewondering na hom op. Ek kyk op en ek is voor in die ry..al my viesgeid lankal afgestroop en nou heeltemaal....deur die verstaan en empatie van ‘n hierdie lieflike skraal dronk vrou…Hongerbult se mense.

Geen opmerkings nie: