Ek
is gebore op 15 Oktober 1955 in Bloemfontein as die tweede oudste van vyf
kinders. Toe ek vier jaar oud is word my pa, wat al die jare ‘n Poskantoor man
was, na Pretoria verplaas. My pa laat bou ‘n huis in Waverley in die Moot en
ons woon daar en het die voorreg om ons skoolloopbane in een Laerskool en een
Hoërskool te voltooi.
Ek
besluit om Maatskaplike Werk te studeer en op besluit van my ouers registreer
ek by die Hugenote Kollege in Wellington. Voltooi my studies in 1976
en my eerste pos is in Bronkhorstspruit. Ek tree in die huwelik en die kinders
se pa, wie saam my gestudeer het, word gevra om ‘n Welsynskantoor in
Walvisbaai, Namibia te gaan vestig. Van daar is daar baie gebeure en ek trek, woon
en werk regoor die land en uiteindelik na 40 jaar terug in Pretoria.
Terwyl
ek in Windhoek woon studeer ek verder by die Universiteit Namibia. Ek het
drie kinders, was enkel Ma vir baie jare en toe ek 52 jaar oud is ontmoet
ek Chris Steyn, uiteindelik ‘n pasmaat, vriend en vertroueling.
In
1992 begin ek met ‘n privaat praktyk en spesialiseer in aanneming en ‘n
psigiatriese terapeutiese model - Rasionle Gedragsterapie. Ek maak
kontak met die Maxie Maultsby Jnr., die vader van RBT en nooi hom in 1995 na
S.A en in 1997 nooi hy my na Colombia, Suid Carolina, USA om deel
te neem aan die opleiding van sielkundiges, maatskaplike werkers, psigiaters en
mediese personeel. Ek bring die terapeutiese model na die
maatskaplike werkers in SA en verwerk die inhoud en begin nasionaal en in
Namibia maatskaplike werkers en sielkundiges oplei. Vandaar na die besigheids wêreld
op nasionale vlak. Ek is die eerste maatskaplike werker wat post aanneming
ondersteuningsgroepe begin het asook die eerste Maatskaplike werker met ‘n
webblad vir aanneming. Ek bring ook ‘n boekie uit aan ouers oor die
begrip ‘telling’.
In
1993 begin ek my eie besigheid, OSH Consulting, en begin om werknemers welstands
programme daar te stel met ‘n netwerk wat strek oor KZN en Oos Kaap vir
Standard Bank, die Bloedbank en ander kleinere maatskappye.
In
2011 verhuis ons na ‘n klein plattelandse dorpie. Daar het ek ‘n halfdag pos by ‘n welsyns organisasie
wat werksaam is in die Bruin gemeenskap, gekry. Die mense, hulle omstandighede
en die gebeurtenisse aldaar vat aan my hart en soos ek van die stories vertel,
begin ek vir my vriende wat ver is van die verhale sommer epos… en die
lekkerte om die stories wat ek sien gebeur op papier te sit… en nou is dit ‘n
passie wat wil aanhou…
1 opmerking:
Elke keer wat ek weer iets van Mirre lees beindruk sy my net meer en meer. Sien die lewe so RAAK.
Plaas 'n opmerking