Elkedag stories

Saterdag 11 Oktober 2014

Hongerbult se kind


Hulle sleep die tingerige seun in my kantoor in, 
sy oortreding by die skool was glo waansin. 
Hy hang skeef half opgekrul, terwyl twee seuns hom probeer regop hou.
Sy oë wild en sy hande krampagtig in vuisies gevou. 
Nega jaar oud in die wurg greep van gomsnuif vas.  
Net ‘n vuil kortbroek, geskeurde T-hemp, stink van lank nie gewas.
Gaan roep sy Ma! sê ek -  sy daag deurmekaar dronk op.  
Hy ruk en bewe, sy neus loop wit oor sy bolip.
Sy staar uitdrukkingloos na buite, oor haar kind wat was se kop.
Die lewe het Ma en seun ontglip.  
Ek hang ‘n kombers oor hom en gee vir hom brood.  
Sy oë is reeds dood.

Geen opmerkings nie: